Wessel Maree Hoërskool / High School

Wessel Maree Hoërskool / Wessel Maree High School

Welkom by Wessel Maree Hoërskool / Welcome to Wessel Maree High School

Wessieland is Omgeeland!

tuis

Wessel Maree Hoërskool is ‘n parallel medium skool in die hartjie van die Goudvelde.  Bouwerk aan die skool het reeds in 1953 begin en die skool speel vandag nog ‘n belangrike rol in die gemeenskap.  By Wessel Maree Hoërskool in Odendaalsrus is sport en akademie belangrik, maar ware sukses word gemeet aan die waardes en tradisies wat aan Wessie-wees gekoppel word. 

Met dankbaarheid spog Wessel Maree se matrieks van 2020 met uitstekende uitslae.   Saskia Naudè spog met 7 onderskeidings.  Sy is ook 23 ste in die Vrystaat en het verskeie pryse op die “Well Done Function” vir haar uitsonderlike akademiese prestasie ontvang. 

By Wessel Maree streef ons na uitmundendheid en daarom is ons waardes, nl. respek, integriteit, eerlikheid, omgee en verantwoordelikheid vir ons baie belangrik

Om ‘n Wessie te wees, is om familie te wees.  Die omgee-waarde speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van elke Wessie.  Tradisie, familie en waardes is sinoniem met Wessel Maree Hoërskool.

 

Ons Skool – Ons Trots / Our School Our Pride

5 Redes om 'n Wessie te wees /
5 Reasons to become a Wessie

5 Redes om ‘n Wessie te wees:

  1. Kleiner groepe in ‘n klas – Individuele aandag!
  2. Die beste sport afrigters, sportgeleenthede en kultuur wat kook!
  3. Puik, gekwalifiseerde onderwysers wat gefokus is op JOU akademiese potensiaal.
  4. Wessel Maree is in jou dorp.
  5. In Wessieland sal jy ontwikkel tot ‘n unieke, uitnemende leerling.

5 Reasons to be a Wessie:

  1. Smaller class groups = Individual attention!
  2. The best sports coaches, sports opportunities and great cultural events.
  3. Outstanding, qualified teachers that are focused on YOUR academic potential!
  4. Wessel Maree is close to your home!
  5. In Wessieland you will develop into a learner that strives for uniqueness and excellence!

Wessies Geskiedenis / Wessies History

Odendaalsrus het in 1912 as ‘n versameling plase met ‘n sentrale kerk en ‘n primêre skool ontstaan, wat later na Kromdraai naby Allanridge verskuif het.

Dr. P.S.Z. Coetzee is die eerste persoon by wie die gedagte ontstaan het om hoërklasse by die skool in te stel.

Vir die stigting van ‘n hoërskool was leerlinge nodig en is die proses begin om leerlinge te werf. Die skool op Kromdraai was tot 1927 ‘n volle sekondêre skool met ‘n matriekklas, maar as gevolg van ‘n afname in getalle is die matriekklas in 1928 gestop.

In 1945 is mnr. Maree aangestel as die nuwe skoolhoof, in 1946 is goud ontdek op die plaas, Geduld, die stadsraad het ‘n dringende behoefte aan uitbreiding gehad en daarom het hulle ‘n groot stuk grond aan die Departement van Onderwys geskenk.

In 1953 het die skool ongeveer 1600 leerlinge met ‘n matriekklas gehad. Daar is toe besluit om die laer-en hoërskool te skei en bouwerk aan ‘n hoërskool is begin wat vandag as Hoërskool Wessel Maree bekendstaan.

Geskiedenis5

Education is the passport to the future, for tomorrow belongs to those who prepare for it today… 

Opvoeding is die magtigste wapen waarmee jy die wêreld kan verander…


 

Kontak Ons / Contact Us

hester-botes-final
isonel=claasen
magda-steyn-final